Met ons vuil voete op die grondkombers
is ons soos twee bevorregte straatkinders.
Hand aan hand verower ons die bosryke
strate van ons verlore stad.
Deur dik en dun kriewel ons
deur die oranje sand van die Kalahari
woestyn.
Soos groutjies probeer ons spontaan wees,
tog besef ons dat ons klaar selfvoldoening
het.
Met ‘n skaterlag in die agtergrond is dit
daar waar ons as kinders kon baljaar.
Soms voel ons angstig en verlore in die
alledaagse lewe.
Deur na wyse woorde en ou
mense te luister kan iets geleer word.
Die trane in jou oё is swaar,
Met ongewenste gevoelings deel jy die
pyn met my.
Sonder enige verdure gedoentes
gryp ons mekaar nader
- bors teen bors lê ons op die gras -
met ‘n koue briesie wat
deur ons hare waai.
Tog besef ons, ons deel dieselfde liefde?
Tot die vroeg oggend ryp lê ons in mekaar
se arms.
Daar was geen woorde gedeel nie.
Net dieselfde drome gedroom.