Saturday, June 28, 2014

Kind wees

Ek sit hier onder die boom.
Voel verlore, bang
en seer gemaak.

Die voёltjies sing ‘n valsnoot
wat ‘n gedagte terug bring
van my kinder dae.

Om kind te wees is maklik.
Daar is geen bekommernisse.
Geen seerkry en
geen grootmens goed nie.

Die skoenveters van my verlede
is verlore.
My bene bewe van skok.
Grootmens lewe is moeilik.

Om kind te wees was maklik.
Daar was geen bekommernisse,
geen seerkry en 

geen grootmens goed nie.

1 comment: