Saturday, June 28, 2014

'n Gebed net vir my

Verlore in die verte.
My voete in die sand.
Koue water wat teen my bene op spat.

In my moederstad,
daar waar ek vryheid vind.
Met sout water druppels teen my bene
waai ‘n windjie in die lug ‘n gebed vir my.

Wolke in die blou lug wat swaar hang,
met storms op die waters
sĂȘ hierdie gebed vir my:

“Niks is moeilik nie. Net onbekend.”

No comments:

Post a Comment