Monday, September 8, 2014

Dis net 'n aand.

Ek sit nou hier en kyk na die sterretjies.
Met die mooiste maan, so ver weg.
Pik donker naglig met n wit kring wat die donker veld verlig. 

'n Nag só stil met die geluid van krieke in die verte.  
Die bome sing terwyl die wind waai deur die ou verlepte blare. 
              
Die  nagapie spring van die een tak na die ander.
Wolkies bou stadig op in die verte en die wind waai erger.

Terwyl ek hier lê op die gras besef ek net weer...Die lewe is mooi.

1 comment:

  1. ek is mal oor die rouheid in jou gedigte
    elkeen 'n ongeslypte diamant
    ek sal graag eendag jou gedigte in 'n bundel wil sien!
    Kon nie ophou lees nie. Hierdie magdom werk kan nie verlore gaan nie.

    ReplyDelete